Sebastian die Leeuwelpie – Boek 2

“Dit is immers die sleutel van wysheid en daarsonder is Sebastian vir seker sy wysheid kwyt!” frons Aqua, die poelnimf uit haar vinne uit van bekommernis en terselfdertyd hewig omgekrap as sy van Sebastian se verlies verneem. Die enigste aap wat die penarie kan oplos is natuurlik Spy met sy eindelose nuuskierigheid, en na etlike oomblikke van besinning besluit sy om die mannetjies-aap op die daad te laat roep.
Vir Rafo, die Raaf is niks ‘n geheim nie. Sy het geen spesiale talente nie, maar net soos Spy lei sy aan die diepsinnige behoefte van wéétgierigheid.
Skaars het die son haar eerste strale oor die rondings van die aarde gegooi of Rafo, ‘n niggie van die bekende kraaifamilie, ‘n Raaf (Corvus corax), laat die klanke van haar vorstelike sang oor die slapende welpies onder die bome hoor. Rawe is bekend vir hulle pragtige en sterk sang.
“Bravo, Rafo!” roep Vivo gesteurd uit as hy uit sy lomerige slaap wakker skrik. “Los die Raaf!” grom Sebastian onderlangs en druk sy oë doelbewus stywer op mekaar. “Ah…haaa!” dink Spy agterdogtig. “Dalk is Rafo die dief! Maar wat van Vlakkie die Bosvark en die horingkoptarentaal, Mev Tarentaal?” wonder hy gehinderd as hy sy notaboek onder sy arm uitpluk.
“Wie het nou eintlik die sleutel van wysheid gedief?” is die tergende vraag waarmee Spy worstel as hy sy ondersoek van bakboord na stuurboord lei totdat die hofverrigtinge die beskuldigde op ‘n kognitiewe gedrag onskuldig bevind.
Intussen is Sebastian die Leeuwelpie, hoofleier van die leeuwelpietrop ernstig besig om sy trop op ‘n avontuurlike wyse te leer aangaande die Tien Gebooie en die Vrug van die Gees, óf is dit die gesteelde bessies en die vergiftiging van die vlees…?
Sebastian die Leeuwelpie – Boek 3

Watter nadeel sou ‘n pasty-vretery en ‘n onskuldige wensdenkery tog alles vir die leeuwelpies inhou toe Sebastian en sy leeumaats hulle eerste dag by Laerskool Kadawer. Hier word ons Mens, as Graad ses leerlinge aanmeld – alles in ‘n vorm van ‘n mens.
“Wat is jou naam?” vra Meneer Koggelstok skor. “Sebastian,” antwoord Sebastian gemaklik en hou skielik van sy growwe diep seunsstem. “En jou van?” vra Meneer Koggelstok, die keer minder skor. Sebastian besef onmiddelik dat mense twee name het. “Leeuwner,” antwoord hy ietwat ontwykend. “Sterk van…,” lewer Meneer Koggestok, die LO-onnie, lig kommentaar. Vivo staan nader. “Vivo Spies,” antwoord Vivo flink as hy terloops oor Meneer se skouer kyk na waar die spies uitdunne plaasvind. “Tutu Gewigtig,” antwoord Tutu en hik amper hardop as Vivo hom in sy sy stamp – sy oë vasgenael op die gewigstoters. Vivo kug. Meneer Koggelstok frons. “Hy is van Hollandse afkoms, Meneer,” red Sebastian die situasie en glimlag gemaak breed. Tutu glimlag saam en knik sy kop liggies. Dit stel Meneer Koggelstok gerus. Kalo kyk verskrik om as ‘n onderwyser hard en buite homself van opgewondenheid vir ‘n hoogspringkind kort agter hulle gil, “balke toe!” “Kalo Visagie,” stamel Kalo. Balke word gesaag en Visagie klink vir Kalo soos saag. Malo Hokkie, en Zazu van As noem Zazu haar naam en van op dieselfde vaste stemtoon as Malo sin, want sy is werklik lus om op die oomblik op sak en as te sit.
Met die hulp van Meneer Kogniet, die Skoolhoof; Meneer Koggelstok en Meneer Itee, die inligtingstegnologie (IT) onderwyser oorleef Sebastian, Vivo, Tutu, Kalo, Zazu en Malo hulle transformering. Meneer Kogniet spreek hulle kognitiewe gedrag met deernis aan en Google verleen die nodige ondersteuning om hulle deur die deurmekaar mensewêreld te lei - in so ‘n groot mate dat Oom Hans Wortelneus, ‘n Duitser van die aftreeoord ‘n meesterlike skooluitstappieplan met behulp van Sebastian en sy maats opstel om hulle weer veilig in die wildpark te besorg.
Wie sou ooit kon raai dat Rafo, die Raaf; Spy, die mannetjies-aap en Vlakkie die Bosvark in die geheim ook aan die pasteie gesmul het.
Sebastian die leeuwelpie (Boeke 1 tot 3) is ‘n opvoedkundige reeks met betrekking tot die Afrikaanse letterkundig.
Waar die Galg my Lei
'n Verhaal van moord en dwelmhandel afgespeel in die hartjie van die skilderagtige windpompe en kanale van Nederland.
“My naam is Jack…, Jack Forester…,” wasem sy asem in die skulpgedeelte van die angsvervulde jongman se oor terwyl Jack die mes van agter, vlymskerp en blitsig, onder die laaste kromming van die torakale werwel insteek, reg onder die nier in. Rudolph sterf sonder seremonie onder die meesterstuk van Vincent van Goch se skildery, die Amandelbloesem, reg in die middel van die Gogh Museum voordat die toergids met 'n aantal toerisme in Amsterdam tydsaam oor die vloer van die museum beweeg.
Het Adene Forester die bloedspoor van haar man byster geraak dié stormnag toe sy in Utrecht langs die pad geboorte geskenk het aan hulle enigste seun, Andrew Forester terwyl haar deurweekte en bloedbevlekte nagrokkie om haar lyf vasgekleef het – uitgelewer aan die storm wat om haar woed en in die genade van ‘n drenteling wat van iewers uit die donkerte die naelstring geknip en die baba knoesig in sy baadjie toegevou en in haar arms gelê het.
Hoe vêr sal die liefde ‘n vrou dryf om haar regverdige deel van die lewe terug te eis wat deur ‘n wêreld van misdaad en moord verplunder is?
Die nag het gekom en die nag het gegaan as die sterwende oë vir ‘n laaste maal die hemelruim intuur, opsoek na die blinkster wat die geheim in sy wraakgemoed oor sy lippe stuur - selfs die soetheid daarvan het 'n bitter smaak agtergelaat. Dan verglans die heelal en sy kreun sterf saam met sy verlange na vergelding en die liefde wat hom jammerlik ontwyk het.