Boek Naam: Slag van die Golf
Uitgeedatum: Oktober 2025
Uitgewershuis: Naledi Publishers
SKU Nommer: 9781067234966
Koop:
Inleiding tot die boek
“Ek het jou lief …” stotter sy met ʼn hortende, amper onhoorbare stem terwyl haar trane, gemeng met die sproei van die see, oor sy gryswordende gesig sprei. Sy druk haar bewende lippe oor syne – vang sy laaste asem angstig daarmee vas – haar onblusbare liefde hunkerend oor sy stil en sterwende wese – haar trane meng met die bloeddruppeltjie aan sy mondhoek.
Die storm breek onverwags – so asof die Hoër Hand hom bestraf en die wind kleinkoppie iewers elders ʼn lêplek gaan soek het. Was dit alles tevergeefs? Was dit bestem dat Stoffel Barnard se groot wit huis op die verste punt van L’agulhas deur die storms van die lewe verwoes word?
Slag van die Golf – ʼn verhaal van moord, bedrog, verkragting en wraak; dog ook gevul met die soeke na liefde want die liefde kies nie die hart nie. Nee, die hart kies die liefde.
Inspirasie Vir Die Boek
Verder was dit vir my belangrik om die perfekte karakters te skep wat kan toe tree tot so ‘n wreedaardige daad, aangehits deur omstandighede, omgewing of selfs deur lewensblootstellings soos ervarings, ontnugterings en teleurstellings. Tania en Aluné Jordaan is deur lewensblootstellings voortgedryf terwyl Dimitriou Jenkins en Rikus Grobbelaar aangevuur is deur hul gulsigheid na rykdom. Alles met begrip tot liefde.
