Current Profession
Qualifications
Achievements
Career Highlights
Rugmurgbeserings is uiters dramaties. Gedurende my gevallestudies het ek so ‘n pasiënt behandel. Om beter verstandhouding rondom hierdie besering te bewerkstellig, gaan ek kortliks verduidelik. Die rugmurg is verantwoordelik vir die stuur van seine na en van die brein terwyl die brein hierdie seine verwerk en interpreteer. ‘n Rugmurgbesering voorkom dus dat die brein seine stuur en ontvang. Die vorm van verlamming met hierdie tipe van besering is onvermydelik, veral as die skade hoog in die rugmurg geplaasgevind het; gewoonlik in die servikale ruggraat tussen C1 en C7. In hierdie toestand het ek Annoline van Eeden ontmoet. Ons het dadelik begin met Refleksologiese behandeling. Ons verhouding het verstewig. Met die doelgerigtheid en opregte vriendskap wat uit hierdie behandeling gebore is, kon sy na drie maande uit die hospitaal stap. Ek het by Annoline geleer dat geen struikelblok of prognose jou jou doel kan ontneem nie. Sy is werklik ‘n ystervrou. Ek bewonder haar.