Snuffelgids

Snuffelgids omslag1 (1)
Onderhoud op Jou Radio

Boek Naam: Snuffelgids
Uitgeedatum: Mei 2022
Uitgewershuis: June Botha Skrywers
SKU Nommer: IBSN nr: 
978-1-7764032-8-8 

Prys: R220

Koop:

Kort Inleiding tot Snuffelgids

SNUFFELGIDS is ‘n Skrywersjoernaal geskik vir persoonlike inskrywings vir daardie ervarings en emosies wat vertroetel word in tye van alleen wees.  Daarby is bypassende illustrasies gepaardgaande met my eie mees persoonlike emosies en gebeurtenisse – dit wat in ‘n mens se verbeeldingswêreld of wense, ontwaak.

 

Kan verdriet verander in vreugde?  Kan seer verander in geluk?  Kan ‘n leemte verander in volwees?  Vir seker - in jou eie wêreld waar niemand jou bestaan kan ontsê nie, en waar jy instinktief weet jy behoort.  Mag die joernaal vir jou ‘n ontsnappingstog wees na jou eie plek van vrede.

Voorwoord

Soms is die behoefte om te snuffel meer as die gevoel om te weet waarna jy soek.  Dan is dit woorde wat vul en nie dade nie.  Net om te weet dat jy raaklees – dit wat jy sonder woorde kan sê.

Snuffelgids is die peusel tussen woorde en emosies, wat die vêr verlange stil – en die stilte van die oomblik beklee met ‘n snoeskombers.  Mag jy snuffel totdat jou siel die beskutting vind waarna jy soek – vir die oomblik.

Snuffelgids bestaan uit kort stukkies, geestelike insigte en gedigte.

Illustrasies deur Amanda Espag.

Inspirasie vir die boek

Soms het ek die begeerte om oor iets ‘diep en sielsrakend’ te skryf, iets wat insig gee, wat dalk ‘n verlange stil, wat onderliggende heimwee wek, iets wat met my praat sonder dat dit in ‘n verhaal omskep word. Snuffelgids is insigte van binne. Dit behoort ook die leser te prikkel wat dieselfde emosies van tyd tot tyd ervaar.

June Tuis

Snuffelgids is direk verband tot my innerlike tuiste. Jou huis is waar jou hart is, het ‘n liedjieskrywer in sy liriek ingebring. Dit is waar. Daar waar vrede is, is my huis. Snuffelgids is spesiale oomblikke van skryf – wanneer die pen roekeloos woorde vind soos wat my gemoed dit lei.

Professionele June

Die vorm van skryf is nie gekoppel aan enige skryfreëls nie. Lesers wat wil snuffel na iets wat hulle gemoed voed sal iewers in die leesstof ‘n ankerhelmpie vind. Lees met insigte.

June Droom

Dit hou ‘n sterk verband met June Droom want my droom is om eerder die hart van die leser te raak as om indrukke te skep. Ek skryf omdat ons almal deel is van een Skepper – uniek, dog ook verskillend.

Illustrasies deur Amanda Espag

Sneak Peak