Afrikaans
Boek Naam: Huil van die Naguil
Uitgeedatum: Febr 2022
Uitgewershuis: Naledi Uitgewers
SKU Nommer: IBSN nr: 978-1928530985
Koop:
Inleiding tot die boek
Wanneer die Naguil huil glimlag Mördare, die gevreesde moordenaar wrang en trek sy swart leerhandskoene hoër teen sy gewrigte op. Sy skadu glip ongemerk tussen die swart skynsel van die bome deur - al langs die rivier af tot by sy slagoffer op die oewers van die Vaalrivier.
“Good-Lord-deliver-us!” huil die Naguil as Mördare se slagtersmes kragtig, vinnig en vlymskerp sonder ‘n geluid en sonder emosie, deur die slagaar van die lamsakkige mansmenslyf gly. Die eentonige koggelende gekap van die waters teen die wal bring ‘n wreedaardige rustigheid in Mördare se gemoed as die lewelose liggaam tydsaam oorkantel en in die diepte van die waters in verdwyn.
Sou die roep van die Visarend, die brul van die Leeu en die lag van die Hiëna, Mördare terselfdertyd ook die prooi van die Jagluiperd maak die nag toe hy sy verterende hart in die hunkering na liefde verloor het?
‘n Moordroman gevul met gril-sensasie en die onbevredigende behoefte om bemin te word - ‘n toonbeeld van haat, misleiding en eweneens die smagting na erkenning en liefde.
Inspirasie Vir Die Boek
‘n Sweedse reeks-moordenaar wat deur die Afrika naggeluide aangehits word om sy slagoffers met ‘n glim van ‘n mes te ontbloot. Wat ‘n beter inspirasie kan daar nie wees om natuurlike geluide met die menslike gedrag of selfs verlange na iets goeds in ‘n verhaal saam te flans nie.
June Tuis
Huil van die Naguil is ‘n verhaal wat uit diep versteekte hartkamers kom. Elke emosie daarvan is ewe bekend. Die wonder van dit alles is dat die verhaal in my wese kon nesskop - dit kon in my kop broei, op die rusbank stoei tot dit helaas in ‘n boekvorm kon ontdooi. Dit is wat my verhale uniek maak. Ek word een daarmee.
Professionele June
Huil van die Naguil kan dien as ‘n inspirerende verhaal vir die leser wat dieper kyk. Ek het eweneens die duistere sowel as die Goddelike daarvan in die verhaal uitgebeeld
June Droom
My droom of eerder wens is dat die verhaal vele lesers sal bereik. Deel in die storie, leer daaruit en stuur dit aan.