English / Afrikaans
Boek naam: Sebastian die Leeuwelpie
Uitgeedatum: Mei 2021
Uitgewershuis: Naledi Uitgewers
SKU Number: ISBN: 978-1-928530-28-2
Koop:
Inleiding tot die Afrikaanse Boek
In die leeuwelpie-kamp word Sebastian, ‘n avontuurlustige leeuwelpie, tot tropleier gekroon nadat hy na veilige bewaring gebring is toe hy nieserig, vieserig en knieserig onder die toesig van die groot waaksame leeutrop weggeglip het.
“Vir wat blaas jy soos ‘n omgeëlliede plaaseend?” vra ‘n ou, swaar, diep stem dig duskant Sebastian se sitvlak. Sebastian kreun saggies, hulpsoekend en wil net ongemerk by die gat se ingang uitsluip toe die stem hom met wysheid bejeën. “Ek sal dit nie doen as ek jy is nie,” waarsku die stem goedmoedig. “Daar is ‘n bosbrand op pad hierheen.” Sebastian luister na die geskuifel binne die gat voordat die stem rustig voortgaan. “En jy gaan soos ‘n klein bondeltjie misoes met swart donsies lyk as jy in daardie vlamme beland,” koggel die stem en lag sag en diep in sy keel.
Waar het jy gehoor van ‘n leeuwelpie wat in ‘n helikopter vlieg, spoorsny, brande bestry, bosberaad hou en nog sommer vele meer sonderlinge gebeurtenisse onderneem?
Sebastian is ‘n besonderse leeuwelpie wat kinders, ouers én die ouer gardes op ‘n opvoedkundige wyse wegvoer na onvoorspelbare avonture en ‘n hele bondel geesdriftige vermaaklikhede.
Inspirasie vir die boek
Ek is aangemoedig om kortverhale vir die Calabash, ons maatskappy se interne nuusbrief, te skryf nadat ‘n eenvoudige e-pos in ‘n gesellige gesprek tussen myself en Naranda Leeuwner ontaard het. Spoedig daarna is Sebastian die Leeuwelpie gebore.
June Tuis
Sebastian die Leeuwelpie moes dadelik 'n ereplekkie in die studeerkamer kry. Met soveel pragtige illustrasies kan enige vertrek omskep word in ’n lushof.
Professionele June
Ek was in die bevoorregte posisie om Sebastian die Leeuwelpie te kon skryf vir ons maatskappy se bewusmakingsprogram.
Sebastian the Lion Cub is die Engelse weergawe van Sebastian die Leeuwelpie. Die Engelse weergawe stem honderd persent ooreen met die Afrikaanse boek, maar bevat ‘n bietjie meer inligting rakende die operasionele gedeelte van vuurbrandbestryding en lugvaart-brandbesryding.
June Droom
Ná Sebastian die Leeuwelpie gaan ‘n reeks Sebastian-boeke volg. Die doel daarvan is om kinders te leer rakende opvoedkundige gebeurtenisse, wat die gevaar van veldbrande insluit, maar ook om kinders aan te moedig om ‘n goeie beroepskeuse te maak. Ek vertrou dat daar uit die reeks Sebastian-boeke vliegtuigvlieëniers en vliegtuigmeganiese ingenieurs gebore sal word.
Illustrasies deur Amanda Espag
From the pen of Kishugu Calabash’s Editor – Naranda Leeuwner May 2021
Sebastian the Lion Cub educates our audience through adventures
This lovely children's book, aimed at Gr. 3-5 learners, is ideal to teach them to care for the wild and give them some insight into the world of firefighting and aviation.
June Botha, the writer of this book, takes the reader on a journey to discover many exciting things in the bush, coupled with many adventures. The reader grows with the Sebastian character, and with the books to follow, more and more firefighting and other related services to the Kishugu Group, will be incorporated into the stories and adventures Sebastian goes on.
According to June, she is very grateful to the Kishugu Board members who supports her in this initiative.

Colene Snyman - Sy het 'n toekenning ontvang by die skool vir die meeste boeke gelees gedurende die vakansie.