English / Afrikaans
Boek Naam: Lodene
Uitgeedatum: September 2020
Uitgewershuis: Naledi Uitgewers
SKU Nommer: ISBN: 978-1-928518-76-1
Koop:
Inleiding tot Afrikaanse boek
Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het? En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker oor Lewe en Dood?
“Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gepreek. “Moet ek dit doen?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat.
Die ware verhaal het plaasgevind in 1983 toe aborsies nog onwettig was.
Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm. “Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n lewe word gegee – maar teen ‘n prys.
Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan. “‘n Lewe vir ‘n lewe, Heer?” bedel sy, smeek sy totdat haar liggaam, opgekrul teen die koue vloer, snikkend boedel oorgee. “Jy móét jy haar Lodene noem,” hoor Lonika die verpleegster se stem saggies oor haar willose liggaam streel.
Inspirasie Vir Die Boek
‘Abortion Survivors (VSA) (Prolife)’ het my genader om die boek Lodene te skryf wat gebaseer is op die ware lewensverhaal van myself en Lodene. Die boek handel oor verwerping, aborsie en die dood, maar genadiglik ook die waarde van ‘lewe’.
Nadat Lodene my oor die pogings tot aborsies gekonfronteer het, kon ek die geheim nie langer wegsteek nie. Ek was verplig om dit te openbaar. Ek het ook gevoel dat dit ‘n direkte opdrag van God was vanweë die belofte wat ek aan Hom gemaak het om Lodene se lewe te spaar.
June Tuis
Die boek, Lodene, het eerlikheid en intergriteit geverg om te skryf. Dit was ‘n emosionele projek, maar ek was vasbeslote om die verhaal tot sy volheid te bring.
Dit was kenmerkend hoe reuke en gevoelens prominent na vore gekom het. Wat vir jare in die onderbewussyn onderdruk is, het sterker geword. Ek het die koue van die sementvloer ervaar, die reuke van vloeistowwe en die winterkoue wat die binnekant van my wese binnegedring het. Ek was nog nooit in my lewe so verskriklik verlore nie.
Professionele June
My kwaliteite as skrywer het sterker na vore gekom omdat die verhaal direk verband hou met Lodene, my dogter.
Soms moes ek my beroep as skrywer opsy skuif om my hart as ma te kon blootlê. Ek was deeglik daarvan bewus dat ek gekritiseer sou word vir die pogings tot aborsies, maar as ek dit opweeg met die genade wat ons destyds ontvang het, weeg mense se kritiek beslis minder. Ek loof en prys die Skepper vir die geleentheid om hierdie geheim te kon deel.
June Droom
Uit hierdie publikasie het my sprekersloopbaan ‘n nuwe wending geneem. Ek kan my vereenselwig met die onderwerp wat tydens openbare geleentheid bespreek word.
Dit is ook die heersende rede waarom ek besluit het om vroue te ondersteun en hulle te leer om op hul sterkpunte te fokus en daarop te vertrou, om hulle nie deur omstandighede of mense te laat dwing tot ‘n daad wat hulle die res van hul lewens sal beȉnvloed nie. Hierdie beginsel is vir my van uiterste belang.
Skooldogters en jong meisies kan soveel baat vind by hierdie tipe onderrig. Hulle word nie net bewus gemaak van hul vroulike kragte of waardes nie, maar ook van hul gedrag rondom dit.
My grootste wens is om hierdie verhaal te verfilm
Lodene reads the full story around the three attempts of abortions on her life. The full story had not been told to her before this day.
Ma en dogter gesels oor die drie poging tot aborsies op haar lewe.
Luister na: Rudolph Pretorius voer onderhoud met June Botha – Jou Radio FM 91.0 - Polokwane
Warriors for Life
Shortly after Lodene found out about her abortion survival, she started Warriors for Life. It did not take long before she joined Pro-life, a world-renowned organisation. Melissa Ohden, an abortion survivor and Pro-life activist, stagnated in the USA.
Pro-life believes that all human life is created equally, regardless of size, level of development, education and degree of dependency. Therefore, taking the life of a preborn baby is a violation of the fundamental right to life.
About Warriors for Life
Warriors for Life was founded by Lodene Van Blerk, survivor of three attempted abortions who gives glory to God every day for saving her life. As a survivor of three attempted abortions, Lodene’s heart is geared to support, train and equip communities about the impact of abortion and offer emotional, spiritual and physical support, counselling and education to women, men, families and communities affected by unwanted pregnancies and abortions.